
Visie & Missie.
Nouveau Kollege is 'n inklusiewe, a-politiese, onafhanklike skool bestaande uit voorskoolse en voorbereidende afdelings.
Die skool streef om 'n uitstekende en toepaslike, volronde opleiding aan die leerders te bied.
Christelike normes sal deurgaans gehandhaaf word. Leerders sal deeglik voorberei en onderrig word om die bes moontlike grondslag vas te lê vir hul studies aan hoёrskole. Voorts sal leerders deurgaans aangemoedig word om te dien en as rolmodelle in die skool en gemeenskap op te tree.
Die skool verbind hom tot:
-
Die verskaffing van 'n stimulerende akademiese program wat fokus op leerprosesse, dieper denke en die ontwikkeling van lewenslange leer.
-
Erkenning en ontwikkeling van elke leerder se individualiteit en potensiaal.
-
Die skepping van 'n beskermde omgewing waar die kind selfdissipline, inisiatief, gewaarwording begrip vir ander en 'n gebalanseerde selfbeeld te kan ontwikkel.