
Akademiese geleenthede
vir leerders.
Ons volg die Nasionale KABV (CAPS) kurrikulum om te verseker dat al die doelwitte wat daarin gestel is vir leerders behaal word. Die skool is geregistreer by die WKOD en dus word leerderprestasies elke kwartaal deur die Kringkantoor geverifieer.
Alle leerders word op die Sentrale Onderrig en Bestuurstelsel van die Wes-Kaap gelaai, beter bekend as CEMIS. Elke leerder het dus 'n unieke nommer waarmee hulle na enige ander skool verplaas kan word. Die skool onderwerp hom jaarliks aan die JNA toetse (landwyd) en Sistemiese toetse (Wes-Kaap) om te verseker dat ons akademie van 'n hoë standaard is.
Nouveau Kollege is geaffilieer by 'n eksterne liggaam, ISASA, wat jaarliks die skool besoek om sodoende die gehalte van onderrig te monitor. Leerders word blootgestel aan eksterne eksamens soos Conquesta Olimpiade en Amesa.
Ipads en Tablette word in die Graad 5-7 klasse as hulpmiddel ingespan om sodoende die leerders meer tegnologies toe te rus. Daar word gebruik gemaak van Google Apps for Education. Die toepassings sluit in Slides, Docs, Sheets, Chrome, Drive en Classroom. Die skool is toegerus met Wifi wat die leerders mag gebruik om hul navorsing en take te doen.
Voordat leerders ingeskryf kan word by Nouveau Kollege moet hul eers `n toelatingseksamen skryf.
Vir verdere navrae kontak die Kantoor by:
027 470 0117.
Leerders kry die geleentheid om hul akademie op verskeie vlakke te verryk deur die volgende:
-
Leerders neem interaktief deel aan lesse deur die gebruik van tablette
-
Gr. 4-7 klaskamers is elkeen toegerus met interaktiewe slimborde
-
Gr. RRR-7 is toegerus met lugverkoeling
-
Robotics (Gr. 1-7)
-
Conquesta Olimpiades
-
Proffies (Gr. RRR-R)
-
Arbeidsterapie
-
Spraakterapie
Skoolure:
Maandae tot Vrydae
07:30 - 13:35
Nasorg: (Maandae tot Donderdae)
14:00 - 17:00
Adres:
R362, Karoovlak
Vredendal
8160
E-pos:
Skoolhoof : hoof@nkollege.co.za
Administrasie: admin@nkollege.co.za
Sport: sport@nkollege.co.za
Telefoon no.:
027 470 0117
