
Personeel.

Skoolhoof
Me. R Lesch
Geboortedorp :
Skool (matriekjaar) :
Vakke:
Verjaarsdag :
Randfontein (Gauteng)
Hoёrskool Riebeeckrand (1997)
Enlish FAL (Gr. 7) ; Visuele Kuns (Gr. 4-7)
5 Januarie
Juffrou Ronél is ‘n bekende in die onderwys kringe en is sedert Januarie 2024 aan Nouveau Kollege verbonde. Sy het aan Hoërskool Riebeeckrand matrikuleer en haar bekwaam as onderwyser aan Potchefstroom Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys. Sy spog met ‘n B. Prim Ed. (Honneurs) en het later in haar loopbaan ook ‘n kwalifikasie in Onderwysbestuur bekom. Sy is tans die skoolhoof van Nouveau Kollege, maar speel ‘n leidende rol in die aanbieding van Afrikaans en Engels as vakke van Nouveau Kollege se kurrikulum, asook die ontwikkeling van Skeppende Kuns. Haar kennis van die kurrikulum in die algemeen is prysenswaardig en dit is te verstane dat vakadviseurs van haar gebruik gemaak het as leieronderwyser by verskeie opleidingsessies van onderwysers. Ons is bly dat sy deel is van ons span, omdat sy krisisse flink kan oplos, asook haar kundigheid en vermoë om fokus te behou. Sy laat ons lekker lag!

Sekretaresse
Me. R Cloete
Geboortedorp :
Skool (matriekjaar) :
Verjaarsdag:
Upington (Noord-Kaap)
Hoёrskool Vredenburg (1993)
30 Desember
Me. Cloete het matrikuleer aan Hoërskool Vredenburg en is reeds 8 jaar verbonde aan Nouveau Kollege. Sy is die eerste gesig wat besoekers welkom heet wanneer hulle die skool besoek. Die vriendelike dame staan altyd gereed om ouers en leerders se navrae te beantwoord en reëlings te tref, vir die vlot verloop van algemene skoolsake. Ons is bly dat sy in ons span is, want haar ervaring is ‘n groot aanwins en haar veelsydigheid is prysenswaardig. Benewens haar vaardigheid om vinnig op navrae te reageer, is sy ook betrokke by sportafrigting. Haar betrokkenheid in hierdie verband is ook ‘n riem onder die hart en stawend van haar ywer en lojaliteit jeens Nouveau Kollege.

Grondslagfase hoof
Graad 1
Me. N Louw
Geboortedorp:
Skool (matriekjaar):
Verjaarsdag :
Strand (Wes-Kaap)
Hoёrskool Strand (1991)
15 April
Juffrou Nettie en Nouveau Kollege is sinoniem. Sy het as grondslagfase onderwyser aan die destydse OKB (Wellington) kwalifiseer en in 1998 aangesluit by Nouveau Kollege as die eerste Graad 1 en 2 onderwyser (multi-graad klas). Sy is tans die Graad 1-onderwyser. Haar ervaring, veelsydigheid en omgee hart maak van haar ‘n groot aanwins vir Nouveau Kollege. Sy is altyd deel van die skool se oplossings en kan op haar voete dink. Ons is bly dat sy in ons span is, want haar lag is aansteeklik en sy is ‘n voorvatter op vele terreine van die skool sy projekte en aksies. Nouveau Kollege en die leerders van die skool is haar passie, en sy strewe om die kleintjies reeds vanaf die begin van hul skoolloopbaan lief te maak vir hul klaskamers, sport en kultuur.

Intermediêr- en Seniorfase Hoof
Graad 7
Me. M Weideman
Geboortedorp :
Skool (matriekjaar) :
Vakke:
Verjaarsdag :
Vredenburg (Wes-Kaap)
Hoёrskool Vredenburg (1999)
English FAL (Gr.6) ; Wiskunde (Gr. 5,6) ; NWT(Gr. 5) ; NW(Gr. 7)
18 Augustus
Juffrou Mari het matrikuleer aan Hoërskool Vredenburg en het haar kwalifikasies, in o.a. B.Sc., aan die universiteit van Stellenbosch behaal. Sy is reeds 18 jaar deel van die personeel van Nouveau Kollege en tree tans op as registeronderwyser vir GRAAD 7. Tydens dié tydperk speel sy ‘n prominente rol in die akademie en sport van die skool. Vele opvoedkundige toere en buitelug opvoeding-projekte is, deur haar toedoen, vir die leerders van die skool aangebied. Haar liefde vir sport verseker dat sy geen klip onaangeraak laat om geleenthede vir die ontwikkeling van die leerders te skep nie en sy het ook ‘n prominente rol in die ontstaan van Robotika by Nouveau Kollege gespeel. Vandag word Robotika vir alle leerders vanaf Graad R tot 7 amptelik aangebied. Ons is bly dat sy deel is van ons span, omdat sy op haar voete kan dink en oplossings kan vind.

Pikanini Kampus Hoof
Graad RR (Pikkewyntjie Klas)
Me. L Rossouw
Geboortedorp :
Skool (matriekjaar) :
Verjaarsdag :
Vredenburg (Wes-Kaap)
Hoёrskool Piketberg
14 Februarie
Juffrou Pikkie, van die Pikkewyntjies, se geduld, vooruit dink en liefde vír kinders maak van haar ‘n rolmodel vir die kleintjies by Pikanini Kampus. Hierbenewens het sy ‘n groot liefde vir sport en is altyd betrokke by die fisiese aktiwiteite van die kleintjies en ander spanne van die skool. Ons is bly dat sy in ons span is, want sy weet watter rol Pikanini Kampus moet vervul - haar passie is noemenswaardig.

Graad RRR
Bytjie Klas
Me. J Warne
Geboortedorp :
Skool (matriekjaar) :
Verjaarsdag :
Vredendal (Wes-Kaap)
Vredendal Sekondêre Skool (1996)
22 Januarie
Juffrou Jolene, van die Bytjies, hanteer die 2 tot 4-jariges by die Pikanini Kampus. Sy is een van die eerste opgeleide MommaMia-praktisyns in die onderwys distrik. Hierdie terapeutiese program is ontwerp om kinders 2 tot 4 jaar se ontwikkeling op ‘n pret belaaide en gerigte manier aan te spreek. Ons is bly dat sy in ons span is, want sy is vriendelik en laat reg geskied aan elke kleintjie se ontwikkeling deur die toepassing van die MommaMia-program. Sy slaag daarin om elke Bytjie te ontwikkel deur kind-spesifieke take en te verseker dat die ontwikkelingsbehoeftes van elke kind aangespreek word. Juffrou Jolene maak Nouveau Kollege trots met hierdie baanbrekerswerk.

Graad R
Krimpvarkie klas
Me. Alicia Vogel
Geboortedorp :
Skool (matriekjaar) :
Verjaarsdag :
Ellisras (Limpopo)
Hoёrskool Ellisras (2015)
13 Mei
Juffrou Alicia, van die Krimpvarkies, is in 2025 by Nouveau Kollege aangestel as Graad R-praktisyn. Sy het aan Hoërskool Ellisras matrikuleer en daarna haar B. Ed (Grondslagfase) aan NWU (Potchefstroom) behaal. Pikanini Kampus baat by hierdie kreatiewe en gefokusde kollega. Ons is bly dat sy in ons span is, want sy weet watter rol Pikanini Kampus moet vervul - haar passie en energie is aansteeklik.

Graad 2
Me. J Stemmet
Geboortedorp:
Skool (matriekjaar):
Verjaarsdag:
Heilbron (Vrystaat)
Afrikaanse Hoёrskool Sasolburg (2009)
25 Junie
Juffrou Johanita is die Graad 2-onderwyseres. Nadat sy haar graad 12 aan Afrikaanse Hoërskool, Sasolburg in 2009 behaal het, het sy haar B. Ed-graad (Grondslagfase) aan NWU (Vaal Kampus) behaal. Sy is ‘n belangrike skakel in elke Nouveauer se grondslagfase. Hierdie ervare, raakvat personeellid is betrokke by sport en kultuur aktiwiteite van Nouveau Kollege. Ons is bly dat sy in ons span is, want sy is kreatief, het ‘n oog vir die fynere dinge van die lewe en kan konsekwent optree teenoor die leerders.

Graad 3
Me. R Du Plessis
Geboortedorp:
Skool (matriekjaar):
Verjaarsdag:
Robertson (Wes-Kaap)
Hoёr Handelskool Worcester (1980)
7 Augustus
Juffrou Ria is die Graad 3-onderwyseres. Sy het aan Die Hoër Handelskool, in Worcester matrikuleer. Sy het 29 jaar formele onderwys ervaring waarna sy privaat remediërende klasse aangebied het. Met haar agtergrond van leer remediëring beskik sy oor die vermoë om gou leerderbehoeftes raak te sien en die nodige ondersteuning te bied. Sy sorg dat leerders slaggereed is vir die Intermediêre fase. Ons is bly dat sy in ons span is, as gevolg van haar jarelange toewyding tot die onderwys, kreatiwiteit en passie vir onderrig. Sy vind vreugde daarin om ander te leer en te inspireer.

Graad 4
Me. M Archer
Geboortedorp:
Skool (matriekjaar):
Vakke:
Verjaarsdag:
Rustenburg (Noordwes)
Hoёrskool Rustenburg (2006)
Afrikaans (Gr. 4,5) ; NWT (Gr.4) ;
SW (Gr. 4,5) ; PSW (Gr.4,5)
28 Junie
Juffrou Marilize is die Graad 4-registeronderwyser en is hoofsaaklik betrokke by graad 4 en 5 onderrig. Haar saggeaardheid en geduld laat menige graad 4-leerder gemaklik aanpas in die Intermediêre Fase. Benewens die akademie, is sy betrokke by o.a. sport, kultuur en logistieke reëlings van die skool. Haar sin vir verantwoordelikheid en vriendelikheid maak van haar ‘n staatmaker personeellid. Me. Archer het haar matriek aan Hoërskool Rustenburg verwerf en daar haarself as onderwyser bekwaam deur UNISA. Haar kwalifikasie stel haar ook in staat om alle grade vanaf graad 4 tot 9 te onderrig. Ons is bly dat sy in ons span is, want sy is altyd bereid om die spreekwoordelike ekstra myl te loop vir die skool en die leerders.
.png)
Graad 5
Mnr. D Steenkamp
Geboortedorp:
Skool (matriekjaar):
Vakke:
Verjaarsdag:
Vredendal (Wes-Kaap)
Hoёrskool Vredendal (2020)
Enlish FAL(Gr.4,5) ; Afrikaans HT (Gr.6,7); LO Prakties (Gr. 4-7)
25 Maart
Mnr. Diaan is die nuutste aanstelling by Nouveau Kollege. Hy het aan Hoёrskool Vredendal matrikuleer en het sy B.Ed.- graad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Hy is tans die register onderwyser van Graad 5. Sy passie vir sport is aansteeklik en tree op as rolmodel vir ons leerders. Ons is bly dat hy deel is van ons span omdat hy ‘n beduidende rol speel in Gr. 4-7 tale, asook sportontwikkeling. Ons geniet sy sin vir humor.

Graad 6
Me. S van Huyssteen
Geboortedorp:
Skool (matriekjaar):
Vakke:
Verjaarsdag:
Rustenburg (Noordwes)
Hoёrskool Koster (2013)
Wiskunde (Gr.4,6) ; NWT (Gr.6) ; Tegnologie (Gr.7) ; SW (Gr.6,7) ; EBW (Gr.7) ; PSW (Gr.6)
6 Julie
Juffrou Suné tree tans op as registeronderwyser vir GRAAD 6. Sy het aan Hoërskool Koster matrikuleer en daarna o.a. ‘n B.Sc.-graad aan die Noordwes Universiteit van Potchefstroom behaal. Sy is sedert 2023 verbonde aan Nouveau Kollege en lewer uitstaande werk. Haar kennis en ywer vir die vak Wiskunde is aansteeklik en sy tree dus ook op as vakhoof van Wiskunde. Fotografie is ‘n ander liefde van haar. Dit is dus vanselfsprekend dat sy gereeld optree as fotograaf by verskeie funksies en byeenkomste van Nouveau Kollege. Hierbenewens beskik sy oor sterk administratiewe en rekordhouding vaardighede. Ons is bly dat sy deel van ons span is, omdat sy die humor in situasies kan waardeer en haar perfekte administrasie.

Musiek & Koor
Me. D De Klerk
Geboortedorp:
Skool (matriekjaar):
Verjaarsdag:
Aroab (Namibie)
Hoёr Volksool Potchefstroom
16 Julie
Juffrou Driekie is goed bekend in Vredendal en is op vele terreine betrokke by kultuursake. Sy het haar B.Mus-graad en Diploma in Kerkmusiek in 1977 aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Hierbenewens het sy ook die B.Mus (Hons.) aan dieselfde universiteit verwerf. Sy is die nuutste aanstelling by Nouveau Kollege en is verantwoordelik vir Skeppende Kuns (musiek) vir alle grade 1 tot 7. Haar bydrae in die ontwikkeling van ons leerders se musiek kennis is prysenswaardig. Sy is ook ‘n kerkorrelis by die NG Kerk van Vredendal. Ons is bly dat sy deel van ons span is, want sy het die vermoë om musiek te laat lewe en ook ‘n liefde vir koormusiek by ons leerders te vestig.