Skoolklere is beskikbaar by  Matzikama Sport in Vredendal.

SOMERSDRAG:

  • Jade skoolhemp

  • Navy rompie (dogters)

  • Navy kortbroek (seuns)

  • Wit sokkies

  • Oorheersende wit tekkies met wit veters

  • Skool plakkies (by kantoor te koop)

  • Leerders mag kaalvoet skool toe kom

  • Skoolsweetpakbaadtjie indien dit koud is

WINTERSDRAG:

  • Jade skoolhemp

  • Skoolsweetpak

  • Enkellengte wit sokkies

  • Oorheersende wit tekkies met wit veters

  • Navy serp en of navy handskoene

  • Navy skooltrui mag onder die sweetpak gedra word.

  • Leerders mag `n langmou frokkie onder skoolhemp aantrek , dit mag egter nie uitsteek of sigbaar wees nie.

SPORT:

  • Netbalklere word deur die skool voorsien vir die meisies wat speel.

  • Rugbytruie word voorsien.  Die seuns moet `n wit kortbroek daarby aantrek.

  • Atletiek frokkies word beskikbaar gestel vir leerders wat vir Nouveau Kollege by die Sone, asook verdere byeenkomste verteenwoordig.

© 2020 by Nouveau Kollege. Proudly created with IT24 Support

  • c-facebook