top of page

Akademie

Ons volg die Nasionale CAPS kurrikulum om te verseker dat al die doelwitte wat daarin gestel is vir leerders behaal word. Die skool is geregistreer by die WKOD en dus word leerderprestasies elke kwartaal deur die Kringkantoor geverifieer.

Alle leerders word op die Sentrale Onderrig en Bestuurstelsel van die Weskaap gelaai, beter bekend as CEMIS.  Elke leerder het dus `n unieke nommer waarmee hulle na enige ander skool verplaas kan word. Die skool onderwerp hom jaarliks aan die JNA toetse (landwyd) en Sistemiese toetse (Weskaap) om te verseker dat ons akademie van `n hoë standaard is.

Nouveau Kollege is geaffilieer by `n eksterne liggaam, ISASA, wat jaarliks die skool besoek om sodoende die gehalte van onderrig te monitor. Leerders word blootgestel aan eksterne eksamens by name Conquesta Olimpiade en Amesa. Om leerders met puik prestasies te motiveer is daar `n Uitnemendheidsklas waartydens hulle onderrig word in Lego Robotics.

Ipads en Tablette word in die Graad 5-7 klasse as hulpmiddel ingespan om sodoende die leerders meer tegnologies toe te rus.  Daar word gebruik gemaak van Google Apps for Education.  Die applikasies sluit in Slides, Docs, Sheets,Chrome, Drive en Classroom.  Die skool is toegerus met Wifi wat die leerders mag gebruik om hul navorsing en take te doen.
 
Voordat leerders ingeskryf kan word by Nouveau Kollege moet hul eers `n toelatingseksamen skryf. Vir verdere navrae kontak die Kantoor by 063 520 0028

SPORT & KULTUUR

SPORT

  • Rugby

  • Netbal

  • Krieket

  • Mini-Krieket

  • Atletiek

KULTUUR

  • Eisteddfods

  • Koor

  • Sang

  • Konsert

  • ​Kuns

KULTUURAKTIWITEITE

Pikanini Kampus sowel as die Gr 1-3’s gaan kwartaaliks op uitstappies.
Die Graad 4 – 7 leerders gaan jaarliks op uitstappies en toere soos byvoorbeeld die Suidkaaptoer en SOS kampe. 

buitemuurse akti.jpg

Sport, Kultuur & Akademie

bottom of page