top of page

Pikanini Kampus

Hier maak ons die kleinmensies gereed vir die “groot skool!”
Vanaf 3 jaar tot Graad R vorm ons alreeds deel van Nouveau Kollege op ons eie kampus tussen die bome en wingerde.

Ons hoofdoel is dat elke kind uniek hanteer word en dit moet geniet tussen ander maatjies.  Ons streef daarna om kinders se liefde vir leer spelenderwys te ontwikkel deur hul nuuskierigheid te prikkel. 

Die kampus beskik oor drie klasse wat die verskillende ouderdomme akkomodeer.

3-4 Jarige klassie – Bytjies – Juffrou Jolene Warne
GR RR Jarige klassie – Pikkewyne – Juffrou Pikkewyn
Gr R – Uiltjies – Juffrou D'Nel Dippenaar

bottom of page