WINTERMARK

bRAAIDAG.png

20 Mei 2021

Wintermark op die 30ste en 31ste Julie 2021 by Moedergemeente Kerksaal

Soos julle seker al verneem het, het Nouveau Kersmark hierdie jaar 'n nuwe baadjie aangetrek. Ons hou 'n Wintermark op die 30ste en 31ste Julie 2021, en ons skuif ook weer terug na die Moedergemeente Kerksaal. 


Ons maak staat op die samewerking van alle ouers, aangesien hierdie ons enigste Fondsinsameling van die jaar sal wees. Alle oudste en enigste kinders het verlede week kaartjies ontvang vir etes wat te koop aangebied gaan word. Graag wil ons vra dat u sal moeite doen om soveel moontlik kaartjies te verkoop. Kaartjies wat nie verkoop is, moet teruggestuur word kantoor toe. 


Gelde van kaartjies wat wel verkoop is, moet ook kantoor toe gestuur word vir kontrole doeleindes, tesame met die kaartjies, sodat ons die kaartjie as betaald kan stempel. Daar sal nie meer kaartjies te koop wees na die 8ste Julie nie. Dit is die datum waarop die skool sluit. Daar sal die Vrydagmiddag tussen 11uur en 1uur heerlike sappige Hamburgers met sous beskikbaar wees, om afgehaal te word by die kerksaal. Vrydagaand sal daar tussen 5uur en 8uur heerlike potjiekos etes wees, wat ook as wegneemetes geneem kan word. Indien u nog kaartjies wil hê, kan u Rinette Cloete skakel by 063 520 0028.