Nouveauers neem met groot sukses deel aan die liga wedstryde in hierdie streek en behaal vele suksesse. Nouveau deelnemers behaal jaarliksNoordwes-Boland kleureenBoland kleurein ‘n verskeidenheid sportsoorte.
Ons is ook trots om te sê dat ons al selfs ‘n SA-atleet opgelewer het.
Nie-amptelike Sportsoorte
Tennis
Karate
Gimnastiek
Die skool se amptelike sportbeleid bepaal dat die klem op massadeelname is. Die aanleer van liggaamlike koördinasievaardighede binne spanverband, asook die kweek van goeie, gesonde sportmansgees is vir Nouveau baie belangrik. Ons glo dat hierdie gebalanseerde benadering uiteindelik daartoe bydra dat Nouveauers as besondere, gebalanseerde kinders die samelewing ingaan.
SPORTDAG
Nouveau hou jaarliks ‘n groot sportdag. Hierdie gebeurtenis is elke jaar ‘n groot sukses. Skole van oor die hele Boland streek woon hierdie dag by. Daar is altyd so om en by 13 deelnemende skole. Die dag bestaan uit 7 aan ‘n kant rugby en netbal van ouderdomme 6 – 13 jaar. Almal kry ‘n kans om hul talente op die sportveld uit te leef.
Daar is natuurlik ook geleentheid vir lekker kuier om die vure, baie stalletjies wat baie bied om te eet en te drink en dan natuurlik die kookwater netbal en rugby wedstryde.