Nouveau Kollege is bekend vir uitstekende kulturele aktiwiteite waarmee ons poog om gebalanseerde kinders te vorm. Daar vind onderrig in musiekinstrumente plaas, gedurende skoolure of na-ure. Elke graad ontvang ook sangklasse gedurende skoolure.
Musiekafrigting Gr. R tot Gr. 7 Individuele onderrig word in die volgende instrumente aangebied. Blokfluit Klawerbord Klavier Kitaar Viool Sang (studente word die geleentheid gegee om praktiese, sowel as teoretiese eksamens af te lê)
Konserte Nouveau Kollege bied gereeld konserte aan van hoogstaande gehalte. Alle leerders neem deel hieraan en dit is voorwaar iets waarna elke kind, ouers en grootouers uitsien.
Visuele Kunsklasse Gr. R tot Gr. 7 Kunsklasse word na-ure aangebied deur een van Nouveau se ouers. Die kunsklasse word in verskeie mediums aangebied en van die kunsleerders het al verskeie prestasies in die streek bereik.
Kunswedstryde Gr. R tot Gr. 7 Ons streef daarna om by Nouveau Kollege elke kind soveel blootstelling as moontlik te bied in die Kunste.
Nouveau Kollege se leerders neem jaarliks deel aan verskeie kompetisies. Elke leerder word die geleentheid gebied om te besluit of hy ‘n afrikaanse of engelse gedig wil voordra. Die musiekleerders neem ook deel in hul onderskeie afdelings. Die kinders neem ook deel aan verskeie visuele kunskompetisies.